A PROUD MOMENT FOR SAPPA AND CLIENT EDUCATION

R0.00

NAWEEK BEELD 29 JUNIE2019

Description

Die Suid-Afrikaanse Professionele Poligraaf Assosiasie (SAPPA) is geassosieer met die Amerikaanse Poligraaf Assosiasie (APA), en na baie navorsing is geldige prosedures vir toetsing van misleiding daar gestel waarby alle poligrafiste moet voldoen wanneer ‘n toets vir misleiding gedoen word. Alleenlik tegnieke wat geldig en nagevors is mag gebruik word en word vereis gedurende ‘n toets. Die tegnieke, afhangende van die ondersoek, kan akkuraat aanvaar word indien die tegniek korrek aangewend was, vir keurings toetse tussen 80% en 93% en vir spesifieke toete, tussen 86% tot 96%.

Van die minimum vereistes van SAPPA, is dat ‘n poligrafis opgelei is deur ‘n instelling wat deur die APA geakkrediteer is en internasionale standaarde gehandhaaf word gedurende opleiding. Alhoewel, daar baie opleidings instellings is in Suid Afrika wat die opleiding aanbied, is net sekere instellings geakkrediteer deur die APA. Dit is dus belangrik vir enige werkgewer om die kwalifikasie te verifieer van ‘n poligrafis, voor aanstelling, om te waarborg dat die aanstelling geldig is in hul praktyk. Assosieering in SA, word nie deur die wet geforseer nie en daarom word alleenlik ‘n poligrafis wat bereid is om geouditeer te word, dan wel geassosieer met SAPPA.

As NPO bied ons aan lede ouditering om seker te maak dat geldige tegnieke en prosedures gebruik word, deurlopende opleiding word aangebied na kwalifisering waarvan ten minste 32 ure elke twee jaar bygewoon moet word en hou ons lede op datum met nuwe navorsing in die bedryf. Vir die werkgewer, bied ons kwaliteit oorsig op toetse wat gedoen was en wat onderhewig is aan howe soos die CCMA, Burgerlike en Kiminele howe. Alle lede wat behoort aan SAPPA word onderhewig gemaak aan ‘n kwaliteit beheer proses. Lede word ook beperk tot ‘n seker maksimum hoeveelheid toetse wat hulle mag voltooi in een werksdag.

SAPPA beoog om die amptelike wetstoepasser in Suid Afrika rakende die industrie te wees. Direkteure word jaarliks volgens die memorandum van inlywing verkies en verdien geen vergoeding vir hul dienste gedurende hulle aanstellings tydperk nie. SAPPA poog so ver moontlik, om die werkgewer onderrig te bied en mag enige tyd gekontak word vir hulp of kennis in die verband.
Alhoewel die uitslag van ‘n toets nie die enigste rede mag wees vir die ontslag van ‘n werknemer nie, word poligraaf uitslae gebruik as ondersteunings bewyse in die arbeids wetgewing en howe as bewyslas. Geldige toets prosedures en waar ‘n geldige tegniek gebruik word, kan nie onder ‘n minimum van ‘n uur plaasvind nie. Sekere toetse kan selfs veel langer neem om deur die vooronderhoudsfase te werk. Alle persone wat onderhewig is aan ‘n toets word die keuse gestel om dit vrywilliglik te doen en word hulle ingelig van hulle reg om te weier. Indien hulle bereid is om die toets te ondergaan, teken hulle ‘n konsent om sodanige toets vrywilliglik te ondergaan.

Alle toetsing van misleiding word op video-opname van begin tot einde opgeneem, insluitend na-toets onderhoude. Die video-opname vorm deel van alle kwaliteit oorsig prosedures en dien as bewyslas in howe. Die uitslag van ‘n toets vir misleiding kan deur die poligrafis aan enige hof aangebied word as deskundige getuie.

Vir meer inligting is u welkom om ons webtuiste te besoek waar u ook gekwalifiseerde Polygrafiste kan vind in u area. https://polygraph.org.za/ Kontak graag eenige van ons Direkteure soos aangedui op ons webblad.

Geskryf deur Tim Hurn Visepresident en Melanie Farrar Direkteur Regering en Etiek, nagegaan deur die Raad van Direkteure – SAPPA

 

 

css.php